Welkom

Met Paola se uitreiking van haar nuwe album, Verwag die Onverwagte gaan
sy bewys dat sy oppad is na groot sukses in die Suid Afrikaanse musiek bedryf.

Dit is egter nou met die uitreiking van haar eerste album, dat Paola deurbreek met een hoogtepunt na die ander en haar voete stewig plaas in die luister- en dansmusiek mark.

Die vriendelike donkerkop Kaapenaar is besig om haar naam reg oor die land te vestig met haar dinamiese optredes en haar spontane verghoogspersoonlikheid.

Haar album spog met 16 snitte waarvan 14 Afrikaans is en 2 Engels is. Hierdie musiek is wat 'n partytjie aan die gang hou en alle ouderdomme mee kan vereenselwig, van jonk na studente tot ouer musiekliefhebbers.

Paola het na sy haar skoolloopbaan voltooi het by Hoërskool Brackenfell besluit om voltyds vir haar Pa te gaan werk, maar sy het eerder besluit om haar musiek loopbaan eerste prioiteit te maak en voluit haar droom en doelwitte te bereik.
Hierdie dinamiese jong dame se grootste doelwit is inderdaad om baie suksesvol te wees in die musiekbedryf en diep in mense se harte te kruip en elke dag 'n verskil in iemand se lewe te maak.

Paola het al saam met verskeie kunstenaars opgetree. Haar optredes by die volgende geleenthede soos die KKNK, Rittelfees, MOLfees wys uit as van haar gunsteling ''shows'' by feeste. Sy tree op by enige funksie vanaf fondsinsamelings, skole, restaurante tot by operatiewe funksies en kuierplekke.

Volle waardering vir Paola se musiek kom tot lewe wanneer sy in optrede gesien word. Paola straal van passievolle sang en energie wat die gehoor omring en deel maak van 'n onvergeetlike musiek ervaring tesame met haar polsende ritme.

coded by digita design