Biografie

Met Paola se uitreiking van haar nuwe album, Verwag die Onverwagte gaan
sy bewys dat sy oppad is na groot sukses in die Suid Afrikaanse musiek bedryf.
 

Dit is egter nou met die uitreiking van haar eerste album, dat Paola deurbreek met een hoogtepunt na die ander en haar voete stewig plaas in die luister- en dansmusiek mark.

Die vriendelike donkerkop Kaapenaar is besig om haar naam reg oor die land te vestig met haar dinamiese optredes en haar spontane verghoogspersoonlikheid.

Haar album spog met 16 snitte waarvan 14 Afrikaans is en 2 Engels is. Hierdie musiek is wat 'n partytjie aan die gang hou en alle ouderdomme mee kan vereenselwig, van jonk na studente tot ouer musiekliefhebbers.

coded by digita design